Waterberg Farmstay


Afstand

  • 85km van Lephalale (Ellisras)
  • 98km van Thabazimbi
  • 34km van Vaalwater
  • 224km van Pretoria

Kampterrein: Daar is 45 kampplekke op die oord

  • Waterfront kampplekke op die oewer: R350 per nag per kampplek tot en met vier persone. (kinders vanaf 5 jaar betaal volprys)
  • GEWONE KAMPPLEKKE: R280 per nag per kampplek tot en met vier persone. (kinders vanaf 5 jaar betaal volprys)
  • Ekstra persoon per nag is R50 (Maksimum van 6 persone per kampplek)
  • Elke kampplek is toegerus met ‘n kragpunt (Bring 20m kragkabel)
  • Soliede grondseile word nie op gras toegelaat nie.
  • Dome tente met ‘n vaste vloer moet asseblief elke derde dag geskuif word.
  • Dagbesoekers
  • Dagbesoekers R50.00 per persoon per dag. (kinders vanaf 5 jaar betaal volprys)
  • Ingang vanaf 7-uur die oggend tot 5-uur die middag. (geen uitsondering nie)
  • Aktiwiteite beskikbaar
  • Visvang: Waterberg Farmstay het ’n groot verskeidenheid van vis soos kurper, bass, onderbekke, karp en barbers.
  • Soen en teruggooi. Alle vangste moet asb lewendig teruggeplaas word. Geen vangste mag in nette aangehou word nie.
  • Voël besigtiging: Hier is ’n groot verskeidenheid van voëls op die plaas
  • Klimraam en swembad: Klimraam vir kinders tot en met 10 jaar.
  • Eetsaal met kombuis is beskikbaar: Etes vir groepe en funksies word aangebied op aanvraag
  • Funksies: Familiefeeste, Verjaarsdae, Kerkgroepe ens. Op aanvraag.
  • Beperk verkeer deur kamp sover moontlik asseblief. Spoedgrens 15km/u.
  • Geen harde musiek word toegelaat nie! Stilte na 21h00 ( nege uur)
  • Geen eet – of drinkgoed word in die swembad toegelaat nie.
  • ROOKVRYE areas: Alle ablusieblokke, kamers, woonstelle, en die gastehuis is rookvrye areas.
  • Ouers moet asseblief klein kindertjies vergesel na die badkamers EN NA DIE SWEMBAD!
  • Ouers sal verantwoordelik gehou word vir enige skade wat deur kinders aangerig word.
  • GEEN vuurwerke word op die terrein toegelaat nie.
  • Geen Rommel OF SIGARET STOMPIES mag ronggestrooi word nie
  • Geen troeteldiere word toegelaat nie.
  • Hier is Krokodille, wees asb baie versigtig naby die water.
  • Geen motorfietse of vierwiel motorfietse op kampterrein toegelaat nie.
  • Roeibote is welkom, maar geen boot met ‘n petrol motor word op die water toegelaat nie.
  • Geen vuurwapens, windgewere of ketties word toegelaat nie. Geen skiet van voëls of ander diere nie.Oortreders sal vervolg word.
  • Indien persone nie respek toon vir ander nie, sal hulle gevra word om die oord te verlaat.
  • Ons is baie trots op ons mooi groen grasperke – moet asb nie op die gras spin met jou voertuig nie. Moet nie op gras parkeer naby die swembad nie.
  • Vandalisme sal nie geduld word nie.
  • info@waterbergfarmstay.co.za

    Location:

    Limpopo, Vaalwater. GPS: -24.1785393, 27.8511944

    Facilities:

    Tel: 082 373 1022
    Cell: 0835748341
    Website: http://www.waterbergfarmstay.co.za/wmenu.php