Vaaldam - Zandfontein Visvang

The information and related images should be verified with the relevant resort beforehand.

Slegs besprekings. .

4 bed vissershuisies.


Nou soos die natuur dit bestem reën dit behoorlik honde en katte, die dag met ons vertrek na Zandfontein. Vir die mense wat vertroud is met die Vaaldam plaas paaie sal weet daai nat paaie durf jy nie aan met n gewone motor of bakkie soos n Highlux of Ford aan nie (winck-winck)......Nee my "Catapillar" Mazda BT 50 met haar breë mud tyres was weer op haar gelukkigste. Ry "counter steering"sodat die modder spat en ons waentjie naderhand soos n klont lyk wat ons saam sleep
Wat n lieflike plek. Susanna het ons nou behoorlik soos "eregaste" ingewag en ons begelei deur 2 veiligheidshekke tot by ons vissershuisie.

Daar ons gul verwelkom met haar breë verwelkomende glimlag.
Wat n lieflike stukkie grond. Voel sommer soos vakansie en daar sal ek maklik kan bly. Sand wat jou na die see laat verlang. Silwer skoon oewer en groot waters.

Die houthuisie is gerieflik met net die aller nodigste in. Krag en yskas, 4 beddens ,ketel en nodigste bord en beker. (Vra met bespreking wat jy moet saam bring). Elke huisie het n braai en buite tafel met bankies. Grasperke lower groen en kort gesny. Ablusie geriewe silwerskoon en pragtig.Bad, stort ,wasbak en toilette. Speelpark vir die kleinding. Lapa met snoekertafel en t.v. Ideale "vamilie reunie" plekkie. 

Vir groot gesinne of besprekings is daar n gesamentlike braaiplek met stoele.
As jy 'n dood gewone oewerhengelaar soos ons is stel ek voor jy bring n kano saam as jy nie heeldag deur die "poepstring en grate" grote vis wil gepla word nie. In die aand staan jy bond met die babers. Vet gevreet en lus vir n baklei as hy "gehoock" is
Ons eind totaal vir die dag en nag was 43 vis. My baber die grootste met n gewig van 7,7 kg en my man se karp van 5kg.

Bait was:

Dip:.
Knoffel en uie mix, caramel x heuningbruinbroodjie.
Flouties: piesang,cinnemon,knoffel

Location:

Eastern Cape, . GPS: 0.0000000, 0.0000000

Facilities:

Cell: 072 083 8349