Vaaldam - Ardenza

The information and related images should be verified with the relevant resort beforehand.

“Muddy Magic” Deel 1


Moddervis - of “Muddies” en ook “Onderbekke” soos dit vir meeste van ons bekendstaan, is ’n varswater vegter van formaat wat in baie van ons waters reg oor die land wyd aangetref word. Muddies kan ’n voerkol annekseer en dan moet jy reg wees om een na die ander te vang...

Oord en sessie inligting.

Naam: Ardenza, Vaaldam.

Ligging: Sentrale deel van Vaaldam.

Hoe om daar te kom: Vanaf Oranjeville neem die R716 in die rigting van Villiers/Frankfort. Na ongeveer 5km word die afdraai na links aangedui deur ‘n groot bord. Volg die grondpad vir 500m tot by die hek aan die linkerkant van die pad.

Lengte van oewer: Ongeveer 1,5km.

Grondoppervlak: Gras of harde grond tot teen die water afhangend van die dam se watervlak.

Waterkleur: Vaalbruin.

Waterdiepte: 1m diep op 15m vanaf die oewer waar ons gehengel het.

Obstruksies: Min tot geen.

Lugtemperatuur:

Min 10°C @ 06 :00 en

Maks. 28°C @ 13:00.

Windrigting: Noordwes.

Windsterkte: 0 tot 5 km/h.

Wolkbedekking: 50%.

Datum: 3 Oktober 2014.

Duur: 09:30 tot 16:00.

Verwagting: Ons hoop die water is al warm genoeg na die winter om ‘n paar van dié silwer lywe te kan vang…

In die volgende klompie uitgawes gaan ons by ’n paar waters besoek aflê om Muddies te teiken. Ons onderskei tussen Rooineus-moddervis wat in die Laeveld en Mpumalanga aangetref word, en die meer algemene Oranjerivier Moddervis wat in die waters van die Vaalrivier sisteem voorkom. Tydens ons uistappies sal ons op beide spesies fokus.

Vind hier uit:

• Waar om vir muddies te hengel.

• Watter ase meer Muddies in jou hounet kan sit.

• Hoe om ’n Muddie-kombersie te maak en suksesvol te gebruik.

• Wat jy in gedagte moet hou wanneer dit by Muddie-gerei kom.

Doelgerigte gerei.

Net soos met enige tipe hengel moet jou gerei aanpas by die hengelomstandighede. “Horses for courses” lui die bekende gesegde. Omdat die Muddie so ‘n geweldige vegter aan die anderkant van die lyn is, hou ek daarvan om ‘n visstok wat baie vergewensgesind is te gebruik. Volgens my ervaringe is daar amper nie ‘n beter stok as ‘n ligte Feederstok vir Muddiehengel nie. Ek verkies ‘n 8 tot 10 voet stok met ‘n ½ ons tip. Hierdie stok is lig, sensitief en beskik oor ‘n ‘sagte’ kurwe wat perfek vir Muddiehengel is. ‘n Klein koffiemeulkatrol van ongeveer ‘n 250 grootte komplimenteer die feederstok tot die uiterste toe. Omdat ons gewoonlik Muddies op kortafstand van 15m tot 50m jag, is dit dus ook moontlik om sonder ‘n voorslag te hengel. Hooflyn van 0.21mm tot 0.25mm is presies wat nodig is in hierdie geval. ‘n Nommer 0.8 DH 55 Daiichi of FN Fear None hoek is een van my gunstelinge. ‘n Ou gunsteling wat hoeke betref is ook die nommer 16 Mustad “Van Der Merwe” hoek – dodelik vir die onderbekke! Gewoonlik is die gebruik van ‘n Vaaldam of Boerstrop die regte strop om Muddies te teiken, maar dit is ook moontlik om ‘n Rietvleistrop te gebruik – dit is altyd beter om voorbereid te wees om enige van die moontlikhede te gebruik. Maak jou strop van dunner lyn as die ‘normale’: ‘n gewiglyn van 0.25mm en hoeklyn van 0.18mm of so na as moontlik, is 100% reg.

Muddies het ‘n soettand.

Ons teikenspesie is versot op ietsie soets! Hierdie feit inkorporeer ons in meeste van ons ase: van die grondvoer regdeur tot die hoekaas. My gunsteling bymiddel vir hierdie silwerlywe, ongeag van die water waar ek hengel, is ‘Strawberry Nesquik’ - Muddies is mal oor die soet aarbei geur van hierdie bymiddel.

Gee vir hulle ‘n ‘Kombersie’.


Die gebruik van ‘n ‘kombersie’ soos ons dit gedoop het, is sinoniem met Muddiehengel. As daar nou een ding is wat Muddies nie kan weerstaan nie is dit deeg – hulle is versot op die sagte gladde tekstuur van die deeg en daarom inkorporeer ons hierdie feit in ons grondvoer aanslag. Die ‘kombersie’ het sy naam gekry deurdat dit die aas toedraai, soos ‘n kombersie. Die ‘kombersie’ is ‘n baie slap deegbeslag wat net voor die sessie voorberei word. (Sien die “Aaskliniek Handboek” vir die volledige resep om die ‘kombersie’ te maak. – Red). Die bestanddele van die ‘kombersie’ het ook ‘n verdere voordeel t.o.v. sigbaarheid wanneer dit in die water oplos: ‘n melkerige wolk word veroosaak wat die Muddies nader trek na die oorsprong en só kan hulle aandag selfs beter op die voerkol gevestig word. Die ‘kombersie’ bevat al die regte elemente in deegvorm nl. geur, smaak en melkerigheid – uiters dodelik!

Doelgemaakte voer.


Soos dit nou al duidelik is, hou hierdie onderbekke van sekere items op hulle spyskaart en daarom is dit belangrik om ook jou voer aan te pas wanneer ons die visier op hulle instel. Alhoewel die Aaskliniek Handboek ‘n voerresep vervat spesifiek vir die Muddies, kan hierdie voor ook reeds gemeng aangekoop word. Om jou Muddievoer verder op te kikker is daar twee belangrike bestanddele wat nog bygevoeg moet word: eerstens kan jy nie Muddies hengel sonder wurms nie, en tweedens het ervaring my al geleer om ‘n ‘strawberry molasses’ bymiddel met groot sukses in die voer te gebruik. Jy moet verkieslik minstens 500g rooi Kariba wurms per sessie hê gereed om te ‘chop’. 

Voeg die ‘chopped worm’ by soos die sessie vorder en nie alles gelyktydig nie. ‘n Handvol wurms wat in klein stukkies geknip word op ‘n slag is voldoende.

Wat die ‘strawberry molasse’ aanbetref, gebruik ek ongeveer ‘n halwe bottel (125ml) per 1 tot 2kg Muddievoer. Los dit op in ‘n klein bakkie met ongeveer 200ml water en gebruik dan hierdie oplossing om die voer aan te maak. Die voer sal donkerder verkleur en ‘n rooi-bruin kleur verkry – moenie afgesit wees deur die kleur van die voer nie – dit sal meer Muddies in jou net verseker – glo my!

Stywe of Slap lyn?

Dit is moontlik om met beide ‘n stywe en ‘n slap lyn Muddies te hengel. Persoonlik verkies ek die slap lyn metode. Hierdie metode word met ‘n ligte gewig op die strop gehengel: niks meer as ‘n nr. 1 gewig nie. Alhoewel ‘n Rietvleistrop met die slap lyn metode gebruik kan word, is daar niks fout nie met die gebruik van ‘n ligte Vaaldamstrop waar die gewig onderaan die strop vas is. Omdat Muddies gewoonlik met baie plukbewegings byt, is dit nodig om elke klein indikasie op die poeliesman waar te kan neem en hiervoor is die Vaaldamstrop uiters geskik.

Wanneer jy van die stywelyn metode gebruik wil maak moet jy ‘n groot gewig op die strop gebruik. In hierdie geval is ‘n P3 gewig ‘n minimum vereiste. Hier is die teorie dat a.g.v. die Muddie se pluk byte, die vis homself vang tussen die stywe lyn en die groot gewig. Dit werk presies dieselfde soos die ‘bolt-rig’ by spesiekarphengel.

Die Sessie.

Ons hou teen 09:10 langs die water by Ardenza stil. Dis ‘n aangename lente oggend op die Hoëveld en die windjie roer die water baie liggies. Ek haal my 9-voet Feederstokke uit die houer en kry daardie positiewe gevoel oor die dag se hengel wat voorlê. 

Hierdie stokke voel net soos visvang! Selfs al teiken jy Muddies moet jy op twee afstande begin hengel – dit sal jou opsies vergroot en jy dek ‘n wyer veld om die vis te soek. Ek begin deur op 25 en 35 meter my spoele in te haak. My hengelmaat vir die dag, Rudie begin op 40 en 60 meter. Op elk van my twee afstande gooi ek 4 voerbolletjies net om dinge so bietjie vinniger aan die gang te probeer kry. Aanvanklik is die vis maar stil en ‘n uur en ‘n half verloop sonder enige vis. Ek herhinner myself dat ek nie ure moet sit en wag vir ‘n byt nie, maar eerder elke halfuur moet uittrek en weer gooi om die voerkol op daardie manier op te bou. Ons eerste vis kom op Rudie se 60 meter stok uit: ‘n karpie van ‘n kilogram. Nou nie wat ons in gedagte het nie, maar waar daar ander spesies in die teenwoordigheid is, kan jy maar verseker wees dat jy ook ‘n paar van hulle deur die sessie gaan vang. ‘n Rukkie later skreeu my koffiemeul en ek weet sommer dat hierdie ook ‘n karpie gaan wees, maar minstens is daar reaksie en ek is seker dat die muddies bietjie later gaan begin byt. Dis belangrik om soveel as moontlik van die ‘kombersie’ elke keer te gebruik wanneer jy gooi – hoe meer hoe beter. Ten spyte van al die ase en bestanddele wat gebruk word, kan jy steeds ‘n dip of drie gebruik en dit sal afhang van waar jy hengel.

Vandag konsentreer ek op die donker rooi musk molasses in kombinasie met die ligte groen bloekom olie op die een stok, en die helder oranje perske en geel soet ‘wintergreen’ op die ander stok. Dis nie nodig vir groot hoeveelhede dip nie, net genoeg om die vis vinniger te laat byt. My tweede vis slaan die spyker op sy kop – die teikenspesie – ‘n Muddie van so 400g! 

Dis nie ‘n baie groot voorbeeld van ‘n Muddie nie, maar beslis die doel van die sessie. 

‘n Tweede en derde Muddie volg van my voerkol af en dinge lyk al hoe beter. Aanvanklik kry Rudie meer karpe en dit kan moontlik toegeskryf word aan sy hengelafstand en die feit dat hy minder van die ‘kombersie’ as ek gebruik. Toe my derde vis op die 35 meter kol uitkom in vergelyking met die een op die 25 meter kol, skuif ek sumier die kort stok na 35 meter. Teen 14:00 is die Muddiekol lekker aan die gang en alhoewel daar steeds ‘n karp of ander spesie tussenin uitkom, is die Muddies in groter getalle teenwoordig. Dit is ‘n feit dat indien ons nie ‘n doelgerigte Muddie aanslag geloots het nie, ons beslis minder van hulle sou vang. Ons sluit ons eerste suksesvolle Muddiesessie af en kan nie wag nie vir die volgende sessie waartydens ons meer Muddietruuks met lesers sal deel.

Conoflex Dips

  1. Torpedo
  2. Minx
  3. Loopy
  4. Mister Aton
  5. Buzz

MaGic Baits

Dips

1. DCX & GTA
2. GTA, GeeBee en HLX
3. Just Black, T.A.K. & HLX
4. DCX, TFC & Cinnamon X
5. Vaalking, Warriior & Tornado

Hoek Aas

Floaties: Vampire, Boorgat, GeeBee, TFC, Banana X
Deeg: Alm X, HLX, Plain White/Yellow

INLIGTING VERSKAF DEUR MAGIC BAITS

SuperCast Manufacturing

Dips

Perdeby
Ox Blood
Quatro
Has been
Devils Fork

INLIGTING VERSKAF DEUR SUPERCAST MANUFACTURING

Trucella

Dip Kombinasies

1. Joker/ Firefly/U.K
2. Hot Honey/Fireworks
3. Fireball/Wig-Wam/U.K
4. Red Activator/Caramel Extreme

Hoek Aas

Softies: Fireworks, Fireball, Wig-Wam, Activator, Hot Honey
Maggots: Strawberry, U.K, Bunspice, Banana Cream
Match Floaties: Firefly, Activator, Caramel Extreme, Tiger T
Dough: Strawberry Nesquik, Yellow Activator, Fireworks
Sweetcorn: Yellow Activator, U.K, Hot Honey
Caramel Extreme kan saam met alle kombinasies gebruik word

INLIGTING VERSKAF DEUR TRUCELLA

Location:

Free State, Oranjeville. GPS: -26.9876995, 28.2632008

Facilities:

Tel: 016 351 1840
Cell: 076 291 0581