Loskop Dam

The information and related images should be verified with the relevant resort beforehand.

Loskop Dam is a combined gravity & arch type dam located on the Olifants River, near Groblersdal, Mpumalanga, South Africa. It was established in 1939 and has been renovated in 1979.

oskopres@foreversa.co.za

Conoflex

Dip kombinasies:

1. R2K + Raptor

2. R2K + Plakker

3. Tjop-Tjop + Raptor

4. Jinx + Almond Supreme + Caramel Plus

5. Red Card + Why not

6. Kiana + Tjop-Tjop + SA Poeier

7. Bedazzled (duiwelsdrek) + Plakker

8. Energy Peach + Black Magic

9. Kiana + Paint

10. Paint + Plakker

11. WW7 + Caramel Plus

12. Black Magic +HKGK

13. Jinx + Supa Berry

14. Almond Supreme + Caramel Plus

Stroppe: Rietvlei, boerstroppe en babyshoe stroppe

Maroek vir kurpers (nie te veel nie, meng met Conoflex voer, 10% maroek, voeg ook molasses by)

Degies, floaties en pitte werk vir karp.

Verdere inligting: Voeg mielierys by voer vir muddies, ‘n blik heelpit mielies in voer werk wondere – plat gedrukte pit as aas.

Hengel afstand: Hengel op kol 40 meter vir muddies, 80 meter vir karp, 2 – 4 meter water vanaf boot. Hengel lig en pasop vir makriele, hulle rugvinne het skerp penne wat giftig is.

Inligting verskaf deur Conoflex

MaGic Baits

AVENTURA

DIPS

1. BANANA X, RHONE & DCX
2. BVX, FOXTROT & TRACTION
3. BOORGAT & DCX
4. DCX, CARMA & SPYKER
5. DCX & GEEBEE OR TFC

HOEK AAS

FLOATIES: BOORGAT, HONEY GLOW, CARAMEL X, VAMPIRE, HLX, FBI
DEEG: HONEY GLOW, BANANA X, ISLAND, VAMPIRE, ALM X


MARULANI

DIPS

1. GUADILLA & TRACTION
2. MSK, FOXTROT & TRACTION
3. BOORGAT & DCX
4. DCX & GTA
5. SPYKER & GTA

HOEK AAS

FLOATIES: BOORGAT, HONEY GLOW, CARAMEL X, VAMPIRE, HLX, FBI
DEEG: HONEY GLOW, BANANA X, ISLAND, VAMPIRE, ALM X

INLIGTING VERSKAF DEUR MAGIC BAITS

SuperCast Manufacturing

Dips

Carp Cream
All Rounder
Super T
Almond
Ebony

INLIGTING VERSKAF DEUR SUPERCAST MANUFACTURING

Trucella

Dip Kombinasies

1. Hot Honey/Fireball
2. Mojo/Bag-Up/JMX
3. Pink Peach/Banana Cream

Hoek Aas

Floaties: Hot Honey, Fireball, Fireworks
Mieliepitte: Hot Honey, Banana Cream

INLIGTING VERSKAF DEUR TRUCELLA

Inlugting oor Loskop Dam is verskaf deur Stywe Lyne

LOSKOP SE GROEN MONSTERS MAAK ONS MAL

Petri de Wet

Gedurende die koue wintermaande sluit die meeste hengelaars hul stokke in die motorhuis toe en kruip agter die verwarmer weg. As jy egter bereid is om die koue te trotseer en die regte tegnieke gebruik, kan jy in die winter baie suksesvol vir swartbaars hengel. Na aanleiding van die versoek van talle kykers om winterhengelprogramme te wys, het Petri de Wet van Hier Gaan Ons Alweer! en sy span op ’n koue wintersdag ’n draai by Loskopdam gaan maak. Maar laat hy self verder vertel ...

Ons het laat uit die bed geklim en ’n heerlike ontbyt by die Marulani-oord genuttig. Gedurende die koue maande kry jy smiddags die meeste byte en daar is dus geen rede om vroeg by die water te wees nie. Toe ons op die water is, het die Afrikaanse Lowrance-visvinder aangedui dat die watertemperatuur slegs 9° was. Swartbaars begin gewoonlik in die vlak water kuit skiet gedurende die eerste volmaan nadat die watertemperatuur in ’n dam 17° bereik het. Gedurende hierdie tydperk kan groot swartbaarse van die kant gevang word.

Ons het onmiddellik areas met onderwaterklipstrukture begin identifiseer. Klippe hou meer hitte, wat dié dele aantreklik vir die swartbaarse maak. Ons het die eerste paar uur baie stadig gehengel met McCarthy se Stumpy 7-plastiekwurms. Teen eenuur die middag het ons net een merkwaardige vis geland. Gelukkig het die wind lekker begin waai, wat baie help om die vis aan die byt te kry in Loskopdam se skoon water. Ons het ons strategie verander en vir ’n reaksiebyt begin hengel. Ons aaskeuse was ’n 12 cm lange suspending jerkbait. Ons het ons kunsase ver uitgegooi, twee kort ruk-aksies uitgevoer en dit vir ses sekondes gelos waarna ons dit weer twee kort rukkkies gegee het. Dié tegniek het dadelik soos ’n bom gewerk.

Ons het die een swartbaars ná die ander begin land. Die eerste visse was by die 2,3 kg-merk en ná ’n paar mooi visse het ek met die eerste een van 3 kg vasgemaak. Ek was nog besig om hom baie versigtig te baklei toe my bootvennoot Emile van Druten ook weer vir die soveelste keer vasmaak, dié keer met ’n monster. Ongelukkig het Emile die reusevis verloor toe hy uit die water gespring het.

Ons het in ’n uur se tyd genoeg groot visse gevang om ’n swartbaarshengel-episode vir ons kykers saam te stel. Al wat ons nou nog nodig gehad het, was ons Hollywood happy ending. Ons het hard probeer om weer ’n monster aan die lyn te kry.

Teen laatmiddag het ons ander spanmaats met hul 19 vt-Xterminator Pro Series-boot langs ons in die middel van die dam in 6 m water gestop. Te oordeel na André van Rooyen se gesigsuitdrukking, kon ek duidelik sien dat hul hengeldag minder suksesvol as ons s’n was. Hulle het wel ’n paar visse gekry, maar niks merkwaardigs nie.

Met André en Niel se moed wat “in hul kouse lê”, het dit iets spesiaals gekos om die manne weer gemotiveer te kry om aan te hou werk vir ons happy ending-vis. Nes dit móét wees, het ’n groot swartbaars my McCarthy Stumpy gegryp en het ek met ’n mooi vis vasgemaak terwyl André en Neil toekyk. Nadat ek ’n vis van omtrent 2,5 kg geland het, het die manne van die ander boot geskree: “Waarmee hengel jy?”

“’n Swart McCarthy Stumpy met ’n Mustad Wide Gap 5/0-hoek,” het ek vir hulle laat weet. Nou was die manne geïnspireer en André het sy McCarthy Stumpy in dieselfde area gewerp waar ek gehengel het. Hy het die kunsaas stadig op die bodem gewerk en kort daarna was hy vas met ’n monster! Toe die vet vis vir die eerste keer uit die water probeer spring, kon ons duidelik sien dat dit buitengewoon groot is vir winterhengel. Ewe skielik was daar chaos op albei bote, want al die hengelaars het gelyktydig geskree om vir André raad te gee oor hoe om die vis te land. André het egter koelkop gebly onder al die druk en die vis meesterlik baklei.

In japtrap was die monstervis in die net.

Nadat ’n klomp groot mans soos hoërskoolmeisies geskree het, het ek van my Xterminator-boot na hul boot oorgespring om die vis van nader te bekyk.

Ek hou altyd ’n geykte skaal in my boot vir die kere wanneer ’n trofeevis geweeg moet word.

André se monstervis het die skaal op 4,54 kg getrek – voorwaar ’n buitengewone trofeevis vir winterhengel. Danksy die genade van Bo het ons die Hollywood happy ending gekry waarvoor ons so hard gewerk het.

Dit wys jou net dat jy met die regte toerusting, harde werk en so ’n tikkie geluk uitsonderlik goeie swartbaarshengel kan geniet ondanks die winterkoue.

Hoekom was ons so suksesvol?

Ons het ’n 19 vt-Xterminator Pro Series-boot met ’n Yamaha SHO 250-vierslagmotor gebruik. 

Dié bote hengel hengel uiters gemaklik en help ons om lekker te ontspan en nie ongeduldig te raak nie.

Die belangrikste stuk toerusting was my Afrikaanse 12"-Lowrance-visvinder. Daarsonder sou ons glad nie die regte onderwaterstrukture in 6 m-water kon opspoor nie.

Loskop se water is silwerskoon in die winter en die visse kan jou van ver af sien. Daarom het ons spesifieke hengeltoerusting gebruik sodat ons ekstra ver kon gooi. Ons visstokkeuse was ’n intreevlak-Daiwa Laguna 7.7. Saam met dié stok het ons die unieke Tatula-draaispoelkatrol (baitcaster) gebruik. Wat dié katrol so uniek maak, is dat sy lynwinder (line winder)heeltemal oopmaak wanneer ’n mens gooi. Met die oop lynwinder is daar geen weerstand as jy gooi nie. Ons vind dat ons meer as 10-15 m verder kan gooi as met ’n ander draaispoelkatrol en in skoon damme soos Loskop maak dit ’n hemelsbreë verskil.

Die tweede gedeelte van ons sukses is toe te skryf aan die feit dat ons baie stadig gehengel het. Die meeste visse se metabolisme is baie stadiger in die winter en is hulle uiters traag om agter kunsaas aan te swem. Ons het die visse se aandag getrek deur ons jerkbaits kort rukbewegings te gee. Die meeste byte het egter gevolg toe ons die suspending jerkbaits vir so lank as sewe sekondes stil in die water gehou het, wat die swartbaarse tyd gegee het om stadig nader te swem.

Tot volgende keer, stywe lyne!

Location:

Mpumalanga, Groblersdal. GPS: -25.4305992, 29.3237991

Facilities: