Koppies Dam Resort

The information and related images should be verified with the relevant resort beforehand.

Koppies Dam was built in 1911 and delivers water primarily for irrigation and domestic use in the area. The dam has a water capacity of 42,311,000 cubic meters and a Surface area of 1,439 hectares. Koppies dam is roughly about 30km east of the town of Koppies in the Free State. The dam receives its water from the Renoster River. The dam has very clear water right through the year and the fish seem to also bite year long. If you are fishing a bank with grass you will not need to fish deep as the carp wil be found in the shallows.

The dam is an angler’s dream come true with yellowfish, barbell, mudfish and carp taken in abundance.

Conoflex Dips

  1. Torpedo
  2. Pine Dazzler
  3. Nero
  4. Ballistic

MaGic Baits

DIPS

1. DCX, VRM & ESCAPE
2. SPYKER, BANANA X & 4X4
3. DCX & GTA
4. JUST BLACK, HLX & DCX
5. VAALDAMDUIW & MONSTER CARP

HOEK AAS

FLOATIES: VAMPIRE, GAP, HLX, BANANA X, ESCAPE, ALM X, VRM
DEEG: HLX, VRM, OORLOG 1, VAMPIRE, ESCAPE, BANANA X

INLIGTING VERSKAF DEUR MAGIC BAITS

SuperCast Manufacturing

Dips

Dynamite
Juana
FX
Perdeby
Looti

INLIGTING VERSKAF DEUR SUPERCAST MANUFACTURING

Trucella

Dip Kombinasies

1. Hot Honey/Fireball
2. Joker/Yellow Activator/All Star
3. Mojo/Bag-Up

Hoek Aas

Floaties: All Star, Activator, Hot Honey
Mieliepitte: Hot Honey, Guru, Sweet Activator

INLIGTING VERSKAF DEUR TRUCELLA


INLIGTING OOR "KOPPIES DAM RESORT' IS VERSKAF DEUR DIE OEWERHENGELAAR

Ons hengel by ‘Koppies dam Resort’

Ons kies koers na die noordwestelike deel van die Vrystaat en hengel die vaalwater van Koppiesdam. Hierdie water is baie wispelturig: soms lewer dit sakke vol vis, maar ander kere sakke vol niks. Ons het gaan kyk in watter bui Koppies is...

Die oord.

Naam: Koppiesdam Resort.

Ligging: Noordwestelike deel van Vrystaat.

Hoe om daar te kom: Vanaf Sasolburg neem die R82 in die rigting van Koppies. Na ongeveer 50km draai links af by die eerste afdraai na Koppies soos die aanwysingsbord aandui. Ry oor die treinbrug en draai links by die reservoir. Na ongeveer 700 meter draai links by die bordjie wat Koppiesdam en Kwakwatsi aandui. Na ongeveer 400 meter draai regs na Koppiesdam. Volg die pad vir 10km en draai skuins-links af op die grondpad. Volg die grondpad tot by die hek van die oord.

Die oewer en weer.

Lengte van oewer: Ongeveer 2km.

Kontak nommer: 056 777 2034

Grondoppervlak: Gras tot teen die water.

Waterkleur: Vaalbruin.

Waterdiepte: 1m diep op 15m vanaf die oewer waar ons gehengel het.

Obstruksies: Gras wat onderwater staan agv die hoë watervlak, maar niks ernstig nie.

Lugtemperatuur:

Min 12°C @ 07 :00 en

Maks 24°C @ 14:00.

Windrigting: Vanuit die Noordweste.

Windsterkte: 0 tot 5km.

Wolkbedekking: Betrokke.

Die sessie.

Datum: 30 Januarie 2014.

Duur: 10:30 tot 16:15.

Verwagting: Koppiesdam moet maar altyd versigtig benader word...

Volgende kan jy uitvind :

  • Wat jy kan verwag wanneer die dam se watervalk onlangs gestyg het.
  • Die resultate van ‘n vlakker voerare teenoor ‘n dieper een.
  • Hoe die Blou Trein deur Koppies loop.
  • Rudie du Plessis hengel sedert verlede jaar saam met my in die Trucella Dominatorspan wat aan die Pro Mania wedstryde deelneem en ons het mekaar so met die hengel leer ken. Hy willig dadelik in toe ek hom vroeg in die week bel om te hoor of hy ‘n dag verlof kan vat om saam te gaan hengel. Ons spreek af vir Donderdag en daag so teen 10:00 by die water op. Behalwe vir twee ander manne langs die water is die hele oewer oop en kan ons kies en keur waar ons wil hengel.

    Hoogwater.

    Met die baie reën wat die afgelope tyd in die opvangsgebied van die dam geval het, is die dam redelik vol en soos ons al langs die oewer af ry, sien ons die lang gras so plek-plek uitsteek bo die wateroppervlak. “Dam is vol nê”, merk Rudie op soos ons na ons staanplek toe ry. Volgens my ervaring byt die vis heel fluks wanneer die watervlak van die dam onlangs gestyg het. Nuwe water spoel kos in die dam in en wanneer die water tot tussen die gras op die oewer styg, beteken dit ‘n fees vir die vis met al die goggas en wurms wat deur die stygende water omkant betrap word. Die vis gaan eenvoudig mal tussen die plantegroei. Veral kleiner vis word by die honderde hier aangetref siende dat die plantegroei boonop nog eksta skuiling teen roofvis ook bied. Selfs die bleshoenders swem vandag naby aan die oewer en duik kort-kort af in die kniediep water om op die bodem te wei.

    Die kort teenoor die lang lyn..

    Beide van ons besluit op ‘n kort en lang lyn vir die dag. Ek weet Koppies het mooi karp en ek hoop om ‘n paar van hulle op my diep stok aan die lyn te kan kry deur die loop van die sessie. Rudie begin hengel op 60 en 110 meter en ek meet my stokke uit op 80 en 110m. Ek weet ook dat die klein geelvis hier, net soos by Grootdraaidam, erg lastig kan wees en daarom is ek versigtig om te vlak te begin hengel.

    Rudie is sommer vinnig in met die eerste vis van die sessie: ‘n klein karp van so by die 150g. Sy tweede en derde visse volg kort op die die eerste en alhoewel hulle klein is, is sy net in die water. My 110 meter stok besluit ek om minstens 45 minute te laat lê terwyl ek die korter stok nie langer as 25 minute gaan los nie. Na aanleiding van die paar vinnige visse wat Rudie kon baasraak, verwag ek dat die vis goed sal hoek vat siende dat daar ook geen hengeldruk op die water is nie. Kort voor lank bewe my kort stok se poeliesman en ek kry my eerste Koppie vis, vir ‘n baie lang tyd in die net. Die vis is darem so by die 250gram en sal gemaklik weeg in wedstryd omstandighede. Na ‘n uur wat my lang stok se aas lê, is daar geen tekens van lewe nie en ek trek uit om vars aas te laai. Ek spuit die nuwe rooi heuning en groen amandel/tcp/karamel konsentrate op die voebol, maar hierdie keer bring ek van die nuwe oranje kleurige kaneel ook na die partytjie toe. Op die kort lyn het hierdie kaneel al goeie resultate behaal.

    ‘n Half uur later sak my lang stok se poeliesman en ek kap vas. ‘n Kleiner as verwagte karp kom uit die dieptes te voorskyn, maar dis darem ‘n vis! Dis eers heelwat later dat Rudie ‘n eerste vis op die 110 meter afstand kon kry. Met akkurate gooiwerk bou ek my 80 meter kol stadig maar seker op en na ‘n paar uur byt die visse redelik fluks voor ons ‘n effense stiller tyd ingaan.

    In retrospek het die 80 meter afstand (waarna Rudie ook later verskuif het), vandag meer en groter vis as die 110 meter lyn opgelewer. Dit kan verseker toegeskryf word aan die gebrek aan hengeldruk op die water en die hoë watervlak van die dam.

    Geure vir Koppies.

    Alhoewel ek eintlik maklik vier jaar gelede laas hier by Koppies gehengel het, het ek ‘n goeie idee van die geure waarvan die vis hou:

    Die oranje kaneel aas-sproei;

    Die rooi musk molasse boldip en soortgelyke konsentrate soos die rooi arbei molasses;

    Die rooi-oranje ‘bunspice’/kaneel konsentraat;

    Die lig groen ‘cachou’ aas sproei;

    Die helder geel piesang aassproei;

    Die rooi heuning aas sproei;

    Die oranje spiritus aas sproei;

    Die groen Duiwelsdrek aas sproei;

    Alhoewel daar van hierdie konsentrate is wat nuut is en ons nog nooit van tevore by Koppies gebruik het nie, is ek seker hulle sal hier ook goeie resultate oplewer.

    Bonus baber.

    Teen om en by 13:00 kry ek ‘n positiewe byt op my 80 meter stok en met die vaskap voel dit na ‘n beter vis. Die vis draai om en swem dieper die dam in. Die lyn is gestroop tot teen die lynknip en ek huppel die water in om te verhoed dat ek die lyn moet uithaak. Ek kry die vis gedraai en roep oor my skouer na Rudie dat ek ‘n monster aan die lyn het en toe wil hy weet of hy moet kom skep..? Sonder enige verdere aanmoediging kom help hy sowaar en terwyl die geveg voortgaan kry ek daardie baber idee. Na mate die geveg vorder is ek vas oortuig dat dit wel ‘n baber is en ek begin die vis dienooreenkomstig speel en nader ‘sleep’ aan die oewer, eerder as om dit te prober inkatrol. Soos verwag werk hierdie metode uitstekend en na ongeveer 20 minute is die vis in die vlakwater en bevestig die donker modderkolle wat opgeskop word, my denke. Met die baber nou byna teen die kant, beweeg Rudie agter die baber in en skep die donker lyf van agter – veilig in die skepnet. Die vis behoort die skaal op ‘n goeie 5kg te kan trek - ‘n welkome bonus tydens enige wedstryd!

    “Go Fluoro!”

    Ons is tans besig om ‘n nuwe reeks sagte “lumo” gekleurde floaties te toets en met die wete dat ‘bunspice” en kaneel hier so goed werk, begin ek sommer met hierdie floaties op beide stroppe. Die boonste hoek kry slegs ‘n enkel sagte “lumo” op wat ek terug druk in die voerbol. Onder 

    rond ek die aanbieding af met ‘n amandel degie wat Rudie vir ons aan mekaar geslaan het. In die vaalbruin water behoort hierdie “lumo’s” makliker vir die vis sigbaar te wees. My voorgevoel was 100% in die kol toe ek heeldag met die helder oranje “bunspice” gegeurde “lumo’s” hengel met goeie sukses.

    Ons ry die Blou Trein!

    rige ervaring het my geleer dat die Koppies vis ook ‘n liefde vir die “blou trein” het. Ek herhinner myself aan ‘n liga wat ek gehengel het ‘n bietjie verder links af teen dieselfde oewer waarek die dag mooi groot muddies bymekaar gemaak het met die oranje spiritus aas-sproei. Ek deel my denke met Rudie wat (ek dink) aanvanklik baie skepties was oor die spiritus: “daardie goed is mos vir wanneer die weer baie sleg is en niks wil werk nie” het hy opgemerk. Ek antwoord bevestigend, maar weet ook dat die kans dat die vis dit sal optel baie goed is. Die aas lê langer as wat ek beplan het, maar die eerste vis op die blou trein, is ‘n stewige karp van ongeveer 800 gram – nie sleg tot dusver vir vandag nie. Ek kombineer die spiritus sproei met die rooi musk molasse boldip en die kombinasie werk soos ‘n bom. Toe ek weer kyk is Rudie op dieselfde plan...en jou werklik met dieselfde resultate!

    Location:

    Free State, Koppies. GPS: -27.2422009, 27.6832008

    Facilities:

    Tel: 056 777 2034
    Cell: 056 777 2035