Hakuna Matata

The information and related images should be verified with the relevant resort beforehand.

mail: stella@hmatata.co.za

Pad aanwysings:

18km buitekant Parys na Vredefort se kant. By Schoemansdrift pad is Hakuma Matata bord. Ry dan so 9/10 km grond pad.

Pryslys beskikbaar as jy bel vir besprekings.

Dag besoekers is R75 p.p.

Verblyf:(ek dek nou net vir die hengelaars)

Karavaan en tent staanplekke met krag en boorgat water.

Ablusie geriewe met stort.

Braai, asblik by elke staanplek en genoeg koelte bome.

Selfsorg eenhede:

Huis Kiara

Slaap 12

2 badkamers

1 bad

1stort

2 toilette

Volledige kombuis

Sit/eet aria

Huis Pumba

Slaap 7

2 badkamers

2 storte

2 toilette

Volledige kombuis

Eet/sit area

Huis Timone

Slaap7

1 badkamer

1 toilet

Volledige kombuis

Eet/sit area

Klein honde welkom

Aktiwiteite:

Diep poele met groot vis.

Geel vis strome

Perde ritte

Quad en 2 wiel bike ritte

Mountain bike

Skool kampe

Teambuilding kampe

Konferensies

Vandag was my kantoor by Hakuna Matata Parys. Nadat die pragtige en borrelende Stella At Hakuna ons persoonlik na die dagbesoekers se beste hengeplek gevat het beginne ons ysige koue wit gerypte dag van geduldig wees en lang wag vir daai groot meneer ini water.

Die wind was ons nie goed gesind nie. Met elke slukkie koffie kry jy een teelepel sand saam in. Jy bid maar net dat jou visgerei nie ini water in waai nie. Dankie tog vir ñ klipmuur agter ons rug.

Die poel waar ons hengel is swart diep water. Soos enige goeie rivier waters is daar opstruksies in. Klippe en stompe maar gelukkig nie onoorbrugbaar nie.

Na n lang sit van absolute stilte kry my man n run en sommer meti vaskap kan jy sien dis n bielie. Net voor jy die vis kon sien gebeur die onvermydelike en spring sy rod reguit. Af isi vis. Amper sekondes daarna run sy stok no 2. Na n goeie "workout"land my lief n gesonde "platneus" karp. ñ Hele 7,3 kg.Lyk vir my hy het n karp pa en n grascarp ma. Hihihi.

Intussen word ons deur die Adoons-bende vermaak. Dis n gespeel bokant ons koppe ini bome en as jy mooi stil sit kom maak hul jou kampplek mooi skoon van enige afval pitte of meel. Die 4 been en lang stert aapies is vol kaskenades en dis ñ vinnige gehardloop bo-oor die bakkie en agter ons stoele verby.

Teen 3uur beginne die wind nog sterker waai en hy het n lelike koue byt in. Ons beginne oppak. Murphys Law:........... terwyl ek solank goedere opdra na die bakkie gaat my alarm aant gille. Mens sal sweer hy word keel af gesny. Met 3 goed gemikte sprong staan ek agter daai rod. Sê vir myself. Wees rustig en konsentreer. Stop katrol met jou hand opi lyn. Versigtig gee skiet en beheer die vis opi lyn. Mens sal sweer ek gee geboorte . Dis n spanpoging tussen my man en ekke. My Black Widdows buig amper dubbel , dis n stadige trek ,katrol en bid dati strop lyne en knope sal hou. Na na genoeg 15 min skep my lief my bielie uit die water. Ek bewe so vani inspanning dat dit n gesukkel afgee om hom te weeg. Om nie te praat vani optel vir die foto nie. n 9,4 kg glibberigheid tel jy nie sommer so op nie. Nee, jy behandel hom met eerbied en respek. My jaar is gemaak. My nuwe PB. 

Nou sal ek beslis moet terug om die ou meneer van 16 kg wat daar rond swem te gaan vang. My bait was selfgemaakte pynappel en uie mielies met malasa en knoffel dip. Als self vervaardig in Serahs kitchen.

Asb mense respekteer die naruur

Respekteer die visse en...

Respekteer jou mede hengelaars.

Location:

Free State, Parys. GPS: 0.0000000, 0.0000000

Facilities:

Tel: O56 931 1000
Cell: 082 565 6144
Website: www.hmatata.co.za